Wel dit is die eerste dag van 2010. Kan nie glo die tyd gaan so vinnig verby nie. Ons het in Desember al twee jaar ons Permanente Verblyfreg gehad, so NZ kan ons nie meer uitskop nie, ons is nou permanente inwoners en hulle moet vir ons sorg. Ons is nou hulle verantwoordelikheid. Nog net 3 jaar om te gaan vir Burgerskap, kan nie wag nie.
Ek hoop om bietjie meer te blog hierdie, dit is een van my nuwejaar voornemens, wel eintlik my enigste een sover.
Hoop almal se Oujaar was lekker gewees. Ons was saam met vriende en het ‘n lekker braai gehou en is eers na 1h30 vanoggend daar weg. Die kinders het hulle gate uit geniet. Almal lekker laat geslaap vanoggend en daarna bietjie shopping gaan doen.
Dit was baie lekker om die Nuwe jaar te begin saam met vriende, new friends, new beginnings.Ons was bietjie met vakansie en het Kersoggend vertrek na die Coromandel. Dit was lekker om net te kan ontspan, en uit die daaglikse roetine te kom. Staan op wanneer jy wil, gaan slaap wanneer jy wil, min TV gekyk en lekker tyd as familie gespandeer.
Vandag was ons maar rustig by die huis, lekker lui na al die lekker eet.Die kinders hou nie op met peusel nie en kom vra heeltyd vir lollies. Ai en dan moet ma so nou en dan nee sê want hulle kan ook nie leef op sweets nie.
Hier is so paar van ons holiday foto’s. Hoop almal se 2010 bring net vreuge, vrede, geluk en alles wat mooi is…..♥♥♥![DSC06567 [1024x768]](http://beertjie.files.wordpress.com/2010/01/dsc06567-1024x768.jpg?w=300&h=225)
![DSC06578 [1024x768]](http://beertjie.files.wordpress.com/2010/01/dsc06578-1024x768.jpg?w=300&h=225)
![DSC06378 [1024x768]](http://beertjie.files.wordpress.com/2010/01/dsc06378-1024x768.jpg?w=300&h=225)
![DSC06404 [1024x768]](http://beertjie.files.wordpress.com/2010/01/dsc06404-1024x7681.jpg?w=300&h=225)
![DSC06380 [1024x768]](http://beertjie.files.wordpress.com/2010/01/dsc06380-1024x768.jpg?w=300&h=225)















