Posted by: beertjie | Mei 22, 2008

Birthday

Vandag my tweede verjaardag hier in New Zealand gevier.  Met verlede jaar se birthday was ons vars in die land.  Ons was maar 17 dae in NZ toe was dit my verjaardag.

Geraldine is so bly dit was my verjaardag want dan weet sy dis nie meer so lank nie dan is dit haar verjaardag.  Sy beplan sommer self haar “party” en die tema verander elke dag.  Nog nie eers ‘n tiener nie en beplan al self partytjies. 

Dis met ‘n seer hart dat ons die koerante lees en sien wat daar in SA gebeur (xenophobia).  Ons kan net bid vir ons familie en vriende daar.

SA Vlag

Dit is wanneer ons sulke dinge lees dat ons so verlang na die ou Suid Afrika. 

NZ is vir ons soos Suid Afrika 25 jaar gelede.  Ons kinders speel buite soos toe ek ‘n kind was.  Vry en geen bekommernisse nie.  Dis mos hoe die lewe moet wees.  Niemand sê NZ is “crime free” nie, maar hier hoef jy nie om elke hoek en draai te loer nie.  Jy kan gerus in die straat loop en op jou selfoon praat, sonder om bang te wees dat iemand dit gaan gryp.  Jy kan nog geld by die ATM trek sonder om oor jou skouer te loer.  Vir ons is NZ die land van melk en heuning. 

Ons is nie anti Suid Afrika nie, maar is dankbaar dat ons die voorreg gehad het om die land te kon verlaat en vir ons en ons ‘n kinders’n beter toekoms kan gee.  Ons mis nog die land, die mense, die bekende dinge, maar NZ bied ons ‘n toekoms.  Ons is dankbaar dat hierdie land ons ingeneem het.  Maar diep binne jou dink jy nog “Ons vir jou Suid Afrika”. (die ou een)

Ons sê dankie Liewe Jesus dat U, U hand oor ons en ons mense daar in Suid Afrika hou.

Advertisements

Responses

  1. ‘n Mens moet realisties ook wees oor die “ou” Suid-Afrika. As dit nie tot ‘n einde gekom het en almal gelyke stemreg gekry het nie, sou ons nou seker lankal almal uitgemoor gewees het. ‘n Burgeroorlog sou beslis uitgebreek het.

    Hierdie is Afrika, en Afrika is nie vir sissies nie. En daarmee sê ek glad nie JULLE is sissies nie, maar die realiteit is dat ons hier uit ‘n klomp nasies (rasse) bestaan, en in Nieu-Seeland is dit nie so nie. As dit hier ook nie so was nie, sou julle nooit hoef te getrek het nie!

    Julle is jonk en jul kinders se lewens lê nog voor, en ek gun julle die kans om dit vir hulle ‘n beter toekoms te maak. Terselfdertyd is ek bly dat ek nie meer in die ouderdomsgroep val wat wil of kan trek nie. My kinders is groot en selfstandig, as hulle besluit om te trek, moet hulle dit maar doen, maar ek bly net hier. Ek sal my wortels nooit uit Afrika kan herplant in ‘n ander land nie.

    Dankie vir al die nuusbriefies en foto’s, ons geniet dit. Persoonlik moet ek darem net sê nee dankie vir daardie swart sand!

    Baie groete!

  2. hallo daar hoop dit gaan goed ek het n paar vrae wat ek jou sal wil vra soos skole en verblyf pub vervoer en n paar ander dinge kan jy vir my dalk jou e-mail adres aan stuur as jy wil dit sal my baie help groete Riouna


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: