Posted by: beertjie | Mei 30, 2008

Waiuku Beach

Sunset on Waiuku BeachHier is naweke so baie om te doen, dit kos jou basies niks.  Dis jou petrol heen en weer en natuurlik ‘n lekker piekniekmandjie.  Hier in NZ is ons baie dankbaar dat ons sulke dinge kan doen.  Hier is so baie Suid Afrikaners by parke en openbare tuine.  Dit is dinge wat ons nie in Suid Afrika kon doen nie.  ‘n Maand voordat ons SA verlaat het, het ons ‘n huis gehuur oorkant ‘n park.  Dit was verkriklik om elke dag daarin vas te kyk en om vir my dogterjie te verduidelik dat sy nie soontoe kan gaan nie.  Ons het haar 2 keer soontoe gevat en elke keer was daar gebreekte bottelstukke op die slide.  Orals waar jy loop is net gebreekte glas. 

Dit was vir ons wonderlik om hier vir die eerste keer na ‘n park toe te kon gaan.  Dis so veilig, so skoon.  Daar is geen vullisdromme hier in die openbare parke nie.  Jy moet al jou vullis huis toe neem en dit daar weggooi.  Almal is verantwoordelik en gooi dit nie in die park nie.  Hier kan ons kinders speel soos toe ek ‘n kind was.  Geraldine op Waiuku Beach

Hier is ‘n paar foto’s geneem by Waiuku Beach.  Hier is die sand swart.  Ons gaan gereeld soontoe en vat ons quad bikes saam, slaan die Gazebo op en geniet die hele dag daar.  Gelukkig kan jy hier op die strand ry met jou 4×4 en enige iets met wiele.  Dit lyk letterlik soos spitsverkeer naweke op die strand.Waterval by Waiuku Beach

 

Advertisements

Responses

  1. Die storie van Xenophobie word buite verband geruk. As ‘n mens ‘n vlugteling uit jou land van herkoms is. Is en sal jy mos nie bereid wees om terug na daardie land terug te gaan nie. Dus was jy dan in die eerste instansie nie ‘n vlugteling nie. Die mense kom hier met geld . Die staat bou vir ons mense huise. Dan lok hulle daardie mense met geld Die volgende is die mense se vrouens en girlfriends . Die groot ding is dat dit nou op die tydstip kom waar Zuma sal seker wil wys hy is ‘n beter leier as Mbeki.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: