Posted by: beertjie | Junie 29, 2008

Geraldine se verjaardag

Vandag het ons sommer op die ingewing van die oomblik besluit om vir Geraldine ‘n partytjie te hou vir haar 6de verjaardag.  Sy is mos nou amper ‘n groot meisie.  Sy verjaar eintlik more die 30ste Junie, maar dis ‘n Maandag so daarom hou ons vandag partytjie.

EK het lekker skons en cup cakes gemaak en die res, wel Pak ‘n Save (local supermarket) is net om die draai. 

Natuurlik is die verjaardag tema Dora the Explorer.  Die koek

Die koek natuurlik ook Dora.

 

 

My geskenke

 

 

 

Geraldine was baie bly oor haar geskenke, natuurlik het Mamma en Pappa geweet wat sy wou hê.  Sy is mal oor Dora the Explorer en ons het vir haar ‘n magic Dora gekoop.  Tannie Sonet en Oom James het natuurlik ook Dora gekoop danksy Mamma se wenk.  Sy het ook baie nice speelgoed by Oom Ertjie en Tannie Annemarie gekry en ook by Oom Danie en Tannie Thea.  Sy is so in haar noppies met al haar geskenke. 

Kan nie glo sy word al 6 nie, maar sy sal maar altyd ons ou dogtertjie bly.

Advertisements

Responses

  1. Beertjie, hierdie op die ingewing partytjies werk partykeer die lekkerste uit. Weet jy, ek het nog nooit van ‘n Dora pop gehoor nie, maar hulle lyk te oulik!!!

    Geluk met jou meisiekind se verjaarsdag!

  2. Hi Zee, thanks vir die wense. Jong ons het ook maar die eerste keer van Dora gehoor toe ons hier in NZ aankom. Dit is maar op die Disney Channel hier en my kind is absoluut mal oor haar.

  3. Hallo Beertjie1, bietjie laat maar baie geluk met jou meisiekind se verjaarsdag, sy gaan ‘n pop van ‘n meisiekind wees ek sien al hoe hou jou man al die kiwis ‘n arm lengte van haar af weg met sy haelgeweer. 🙂

    Toemaar my twee is ook “Dora mal”. ons gaan hoeka die show kyk volgende week hier in Napier.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: