Posted by: beertjie | September 24, 2008

Sneeu

Vir die eerste keer in my lewe aan sneeu gevat, wat ‘n belewenis.  Dit het amper gevoel soos Heidi in die berge.  Dis onbeskryflik mooi.  Ek weet nie wie het dit die meeste geniet nie, ek of my meisiekind.  Dit was ook haar eerste keer in die sneeu.  Geraldine wou net weet of mens die sneeu kon eet en sy het toe vir haar ‘n sneeu roomys gemaak en dit geeët.

Geraldine se sneeu roomys

Geraldine se sneeu roomys

Ons het sommer ‘n lekker lang naweek gevat om sneeu te gaan kyk.  Die sneeu is by Mount Ruaapehu (sowat 380km van ons af).

Jacques het Vrydag en Maandag verlof gevat want ons wou ook sommer by al ons vriende ook gaan kuier.  Ons het Vrydag deurgery tot in Hamilton (126km tot daar), bietjie by Ivan en Christa gekuier. Later het ons deurgery tot in Cambridge (sowat 20km vanaf Hamilton) en lekker gebraai by ons vriende Rejaun en Grant.  Ons het daar oorgeslaap en die volgende oggend deurgery tot in Taupo. (sowat 280km vanaf Auckland waar ons bly.)    

 

Huka Falls (Taupo)

Huka Falls (Taupo)

Ons het daar by vriende, Jacques en Valerie oorgeslaap Saterdag en Sondagaand.  Jacques was saam met my man Jacques op skool en hulle is nou so 5 maande hier in New Zealand.  Ons het Saterdag eers bietjie in Taupo rondgery en gaan kyk na die waterval.  Huka Falls, baie mooi en die water se kleur is besonders.

Sondag het ons deurgery Whakapapa (uitgespreek Fakapapa) aan die onderpunt van Mount Ruapehu (sowat 100km suid van Taupo in die Tangoriro National Park).  Ons is sowat twee derdes teen die berg op en daar by die kafee eers middagete geniet.  Geraldine het in die sneeu gaan speel terwyl haar sussie sommer in die restaurant onder die tafel aan die slaap geraak het. 
Die dag by die sneeu spandeer en later weer teruggery tot in Taupo.  

Maandagoggend het ons net buite Taupo gaan kyk na die Craters of the Moon, ‘n geothermal park waar die stoom by die aarde uit trek. 

Craters of the moon

Craters of the moon

Koffie in 'n blikkie

Koffie in 'n blikkie

Ons het ook hier koffie in ‘n blikkie gekoop.  Eerste keer wat ek dit sien.  Die koffie is nog baie warm en baie lekker.

Daarna het ons weer teruggery tot in Hamilton, die middag weer by Ivan en Christa gekuier en later die pad gevat terug Auckland toe.  Ons was baie moeg maar dit was alles die moeite werd.

Geraldine, Adelai en Jacques

Geraldine, Adelai en Jacques

Mamma en Geraldine

Mamma en Geraldine

Mamma en Geraline speel te lekker

Mamma en Geraldine speel te lekker

Adelai slaap op die vloer in die restaurant

Adelai slaap op die vloer in die restaurant

Adelai en Geraldine - Mount Ruhapehu

Adelai en Geraldine - Mount Ruapehu

Mount Ruhapehu

Mount Ruapehu

Advertisements

Responses

  1. Beertjie, wow mooi fotos, jy het pagtige kinders. Ek hou van jou blog. Het dit ook vir my sus gesend, sy het 7 jaar in NZ gebly naby Aucland in Pakuranga. Hulle het ook gereeld Taupo toe gegaan as haar man daar gaan werk het vir twee weke op n slag. Hulle mis NZ baie.

  2. Thanx Haasdas, ja dis darem maar mooi daar in die sneeu, sal nie daar wil bly permanent nie maar lekker om daar te kuier. Ek bly nie ver van Pakuranga nie, ek is in Howick, seker so 4km van Pakuranga. Waar is hulle dan nou dat jy sê hulle mis SA.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: