Posted by: beertjie | Oktober 8, 2008

Emigrasie (alweer)

Sjoe hierdie topic is ook al holrug gery.  Daar sal altyd twee kante wees van hierdie topic, die wat bly en die wat gly (of gegly het of besig is om te gly).  Daar was ‘n brief die afgelope week in die Beeld (Oktober 2008), geskryf deur ‘n ene Jacob van Auckland.  Hier is sy brief…..

Wens ek kon terugkom na land van melk en heuning
Oct 01 2008 05:23:22:680PM  – (SA)  

Indien jy of iemand in jou gesin al aan emigrasie gedink het en jy het ’n “redelike” leefstyl in Suid-Afrika met tieners wat gewild is, goeie maats het en sport beoefen, dan wil ek graag vir jou sê: Dink weer!   Ek en my gesin woon die laaste paar maande in Nieu-Seeland.  Laat ek jou vertel, emosioneel en geldelik gesproke is dit nag.  Alles verander en wat die ander “gelukkige” Suid-Afrikaners hier jou nie vertel nie, is dat alles anders is. Behalwe as jy ’n goeie kwalifikasie het en in aanvraag is, sal jy met moeite miskien min of meer doen wat jy in Suid-Afrika gedoen het. Dis nou afgesien van die feit dat jy self help toilette skoonmaak by die werk, ens. Jou gade, wat in die meeste gevalle in hul oë nie goed gekwalifiseer is nie, gaan baie lank soek na werk en as hy/sy sou werk kry, sal dit teen ’n minimum-loon wees met lang ure.  Die ander Suid-Afrikaners hier gee voor hoe gelukkig hulle is, maar glo vir my, diep daar binne-in is almal besig om te rou. Die vreemdste vir my was om te sien hoe “vreemd” raak die Suid-Afrikaanse kindertjies wat so ’n jaar lank al hier is. Onthou net, al gaan dit hoe sleg in Suid-Afrika, geen plek bied jou daai sonskyn, braaivleis met houtvure, biltong, die bosveld, see met branders ens. nie.  Verdra maar die ongerief tuis. Ek wens ek kon terugkeer na die land van melk en heuning, maar ek het nie meer geld nie.

  • Jacob, Auckland
  • Die brief het hewige reaksie uitgelok van mense binne en buite die landsgrense van Suid Afrika. 

    Daar was ‘n brief van Annette Strampe van Kanada wat reeds 7 jaar daar is en baie gelukkig is in Vancouver.

    Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief van Louise Smith van Perth, Australië

    Jacob, my “barbie”, het my nog nooit gekaap of geskiet nie en as ek nou die hardekool-houtjies moet opoffer dan is dit maar ‘n klein prysie om te betaal. Ons sit die somersmaande op die strand tot 21:00 in totale veiligheid. Ons nuwe land is skoon, georden en veilig.   Geluk is iets wat jy self besluit jy wil hê. Is daar nie mense in Suid-Afrika wat vir jou ‘n fondsinsameling kan hou sodat jy kan teruggaan nie?

    Hier is ‘n uittrekse uit ‘n brief van Neels Gouws van Auckland, New Zealand

    Ek aanvaar daar sal altyd mense wees wat gegly het en alles wat Suid-Afrikaans is, verwerp en beswadder, net soos daar altyd mense sal wees wat gekies het om te bly en elkeen wat ‘n ander keuse uitgeoefen het, verwerp en beswadder. Gelukkig kan elkeen van ons kies of ons so wil wees, en of bloed dikker as water sal wees en ons eerder mekaar se hande sal vat. 

    Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief van Natashia Lucas van Auckland, New Zealand, haar opskrif van haar brief som alles mooi op.

    Los jou houding in SA as jy na NZ emigreer

    Hier wil niemand jou skiet omdat jy wit is, of ‘n mooi kar ry, of ‘n huis vol besittings het nie.  Die Suid-Afrikaanse gemeenskappe hier gee om vir mekaar en ‘n mens kan verseker soveel keer braai as wat jy wil!  Die probleem met Suid-Afrikaanse immigrante na hierdie land is dat hulle verwag om dieselfde status te beklee as in Suid-Afrika.  Hierdie land se mense heg glad nie soveel waarde aan status nie. Of jy ryk of arm is, jy word dieselfde behandel as al die ander..  Die probleem is dat baie Suid-Afrikaners snobs is, wat wil hê mense moet spring as hulle sê spring – net soos wat dit was in hulle tuisland. En dit gaan verseker nie hier gebeur nie!  In Nieu-Seeland kry almal ‘n gelyke kans, daar is geen regstellende aksie nie. As jy hierheen kom om te werk om iewers te kom, maak die deure vir jou verbasend vinnig oop.  Die Kiwi’s is baie verwelkomend teenoor die Suid-Afrikaners en hulle sien ons as hardwerkende mense met goeie waardes. Ek weet nie van ander nie, maar dis verseker al waarvoor ek vra en wat ek nodig het om ‘n sukses te maak!   Dit is ook waar dat ons almal as immigrante rou. Dis ‘n verskriklike trauma om te emigreer, want jy los alles agter wat al ooit vir jou bekend was.  Maar rou is nie ‘n negatiewe proses nie, dit is ‘n groeiproses. Die feit dat ek treur oor my land en dit wat ek verloor het neem niks weg van dit wat ek gewen het in my nuwe land nie!

    Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief van Monré Meyer, Lyttelton, Gauteng

    Ek maak enige tyd ‘n toilet skoon as ek rustigheid in my gemoed het dat my geliefdes nie in gevaar verkeer nie.  Ek braai enige dag in mistroostige weer, solank ek nie meer hoef te vrees dat ons oorrompel gaan word in ons eie erf as ons in die son braai nie.

    Groete uit ‘n gebroke Suid Afrika.

    Maar hierdie volgende brief sê eintlik alles

    Fanna Herbst, Bloomingdale, Illinois

    Kom ons sit nou die emigrasie-stories in die bed.

    Ons voorouers het nie van die Engelse gehou nie en toe oor die Drakensberge getrek om vry te wees. Later was daar selfs ‘n groot trek na Angola en Argentinië.

    Ek hou nie van die nuwe regering nie daarom het ek my goed gevat en getrek.

  • Wat het dit met julle uit te waai as ek besluit my gesin sal veiliger wees in ‘n ander land?  
  • Wat is jou probleem as ek genoeg moed het om ‘n beter toekoms vir my kinders te verseker?  
  • Hoekom wil jy nie my kinders ‘n beter werk gun met goeie inkomste nie?  
  • Hoekom moet my kinders bang wees om in die aand iewers heen te gaan?  
  • Hoekom moet my huis lyk soos ‘n tronk van buite met sy diefwering en alarmstelsels?  
  • Hoekom moet ek onderworpe wees aan die vernedering van “regstellende aksies”?  
  • Hoe lank wil julle hê moet die lys wees? Ons is nou nege jaar in die VSA. Baie gelukkig en goed gevestig. Kom kyk gerus hoe word die wet toegepas hier by ons. Ek nooi jou uit om te kom kyk hoe skoon is Chicago en die voorstede. Nee wat, die van julle wat ons afkraak omdat ons die land verlaat het, is kortsigtig en papgeslaan deur die veranderinge in die land.
  • Soos ek sê hierdie onderwerp sal altyd ‘n hewige debat uitlok, maar dis hoe jy emigrasie aanpak en hanteer, vir watter redes jy kies / gaan kies / of gekies het wat jou toekoms in jou nuwe land vir jou gaan voorspel.  As jou “mindset” nie reg is nie gaan dit tough wees, jy moet besluit wat jou rede is hoekom jy die stap neem, want niemand, maar niemand behalwe jy gaan verantwoordelik wees vir daardie besluit nie. 

    Sorg dat jy jou huiswerk doen voordat jy die land verlaat, wat hierdie ene Jacob beslis nie gedoen het nie.  Hy sou kon sien watter salaris hy sou verdien, hoeveel huur hy moet betaal vir plekkie, wat die lewenskostes gaan wees.  Alles en nog meer is vrylik op die internet beskikbaar.  Daar is ondersteunigsgroepe waaraan jy kan “subscribe” wat bestaan uit lede wat reeds daardie stap geneem het of nog gaan neem.  Daar kan jy vrae vra, enige vraag en iemand uit die groep gaan jou antwoord.  Daar was al vrae soos “wat kos ‘n brood, wat kos ‘n liter melk” want dit was belangrik vir iemand om te weet, want jy moet budget vir wanneer jy emigreer want onthou jou Suid Afrikaanse geld is niks werd hier in die buiteland nie.

    Wel om af te sluit, ons het ons besluit geneem en is baie gelukkig daarmee.  My kinders kan in die strate speel, fietsry, by die bure gaan kuier en ek hoef nie elke minuut te gaan opcheck waar hulle is nie.  Jy kan lekker braai en nie worry dat iemand oor die muur gaan spring en jou aanval nie.  Jy hoef nie elke 5 minute te gaan kyk of die deure geluit is en die alarm gestel is nie.  Baie min huise het alarmstelsels, daar is nie diefwering nie, selfs die besighede het dit nie.

    Aai die sorgvrye lewe wat ons beskore is, dit is jammer ons kan nie ons familie op ‘n vliegtuig laat klim en sê kom geniet dit saam met ons nie. 

    Weereens, hierdie is my opinie en wat vir my en my gesin werk mag dalk nie vir jou en jou gesin werk nie.

    Advertisements

    Responses

    1. Ek wil ook graag oorsee gaan, is al vir 16jr n trok drywer soek werk daar.

    2. Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

    3. My man wil in new zealand gaan trok ry maar weet ie waar en wie en hoe om aansoek te doen nie. as iemand my asseblief met dit kan help sal ek dit baie waardeer.

      ons dink ook daaraan om new zealand toe te emmigreer, SUID AFRIKA raak net teveel vir ons, teveel geweld, verkragtings, moord en ons kind is nie veilig hier nie.

      Ons word uit ons eie land uitgejaag deur die swartmense.

      As iemand my kan help met die inligting hierbo sal ek dit baie baie waardeer.

      Email my enige tyd met inligting.

      Groete
      Yolandi

    4. Hallo

      Ons kyk ook om na NZ te emmigreer. Ek het n dogter wat nou met hoérskool (graad 8)begin en seun wat in graad 2 is.Hoe het julle kinders aangepas? Ek veral bekommerd oor my dogter wat al haar vakke in eng moet kry?

    5. Kinders pas baie vinnig aan… ek werk by ‘n skool en gereeld is daar nuwe intrekkers van SA… ons onderskat die kinders… omdat Engels nie hulle eerste taal is nie sal hulle gratis ekstra Engelse onderrig kry. Dit is die laaste van jou bekommernisse.


    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    Kategorieë

    %d bloggers like this: