Posted by: beertjie | Januarie 2, 2009

The Year 2009

Ek het lanklaas iets op my blog geplaas, maar ek sal probeer om meer hier te blog.  Wel 2009 het ons so vinnig ingehaal.  Die tyd het regtig gevlieg.  het ons tweede Kersfees hier in NZ baie geniet.  Lekker geeët en gekuier.  Hoekom is ‘n mens altyd spyt nadat jy al daardie lekker kos geeët het, leer ook nooit nie. 

Wou net gou vir almal hello sê en net laat weet ons leef nog, het nie die aardbol verlaat nie.  Die kinders word nou groot, Geraldine gaan nou na Year 2, Adelai hardloop natuurlik die hele wêreld vol en gesels te lekker.  Sy word so vinnig groot.  Haar sussie geniet haar verkriklik, want sy is maar te gretig om saam met Geraldine te speel en te doen wat sussie vir haar sê om te doen.  As haar sussie sê sit, dan sit sy maar.  Nog te dom om agter te kom sussie mors met haar. 

Ons het ‘n rustige Nuwe Jaar gehad.  Dit was lekker om net ons familie te wees, daar is altyd so baie mense met sulke geleenthede, maar ‘n stil tyd is ook baie lekker.

Hoogtepunte vir 2008.  Natuurlik gesondheid, familie en vriende.  Daar was so baie, ek en Jacques het ons 8ste huweliksherdenking gevier.  Dit word net beter.  Nog baie vriende gemaak. 

Laagtepunte vir 2008.  Mis die familie en vriende en my honde in RSA en UK en sommer orals. 

Wel wou net gou hello sê.  Hier is so foto’tjie van die kinders.

Geraldine en Adelai

Geraldine en Adelai

En vir die wat wonder, ons ondersteun nog steeds die All Blacks
New Zealand - All Blacks

New Zealand - All Blacks

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: