Posted by: beertjie | Januarie 3, 2009

Rustige dag

Ons het ‘n baie rustige dag gehad, die kinders maak mens net mal soos gewoonlik. 

Ons het Buzz op die Playstation ontdek.  Ons het die Sport Edition en Jacques is nie so goed in die sport edition nie.  Geraldine speel saam en raai al die vrae en sy raai nogal raak.  Sy raai so goed dat sy sommer die game wen.  Die bure het die Music Edition en Jacques skop gat daarmee.  Ek ken darem so nou en dan ‘n liedjie maar raai meestal en raak ook nogal goed met die raaiskote.  Ek leer mooi by Geraldine. 

Verder is ons maar sleg, slegter as ‘n sleg hond.  Die vakansie dae maak ‘n mens lui. 

Adelai het so paar dae gelede op haar kop geval.  Sussie wou haar “abba” en toe val sy so bietjie af.  Alles so vinnig gebeur.  Adelai het harsingskudding opgedoen en die dokter sê ons moet haar maar rustig hou vir ‘n paar dae, hoe doen mens dit.  Sy wil net hardloop en op die trampoline spring, dis moeilik.  Dit is ook asof sy nou meer van goeters afval.  Miskien sien ons dit nou meer raak omdat ons haar nou eintlik dophou.  Sy is ‘n regte ongeluksvoël, kap die kop teen alles of trip en stamp die kop.  Alles deel van grootword.

Lekker dag verder !!!!!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: