Posted by: beertjie | Maart 4, 2009

Facebook en Dating Sites

Facebook, is dit ‘n goeie ding of nie, persoonlik is ek mal oor facebook.  Het baie skoolvriende weer daar opgespoor en vriende met wie ek lanklaas in kontak was.  Ek gebruik facebook om foto’s te plaas sodat al my vriende en familie dit daar kan sien.  Dan hoef ek nie vir almal ‘n email te stuur met foto’s nie, die wat belangstel kan dan net op facebook daarna gaan kyk.

Wat vir my baie interessant is, is die chat rooms en dan spesifiek die een application, ARE YOU INTERESTED.  Ek gebruik nie self die application nie en is ook nie op die chatrooms nie, dis juis hoekom dit my fasineer.  Die feit dat persone hierdie application gebruik om ander mans/vroue te ontmoet.  My vraag is hoekom?  Baie is getroude mense of in ‘n verhouding, hoekom gebruik hulle die application.  Is dit nie waar jy ander vrouens en mans ontmoet nie.  My vraag weereens, hoekom? 

Miskien verstaan ek nie die gebruik van die application nie, maar in my opinie behoort mens dit nie te gebruik as jy getroud of in ‘n verhouding is nie. 

Is dit maar nie dieselfde as internet dating nie, dan weereens my vraag, as jy getroud is hoekom is jy op sulke sites?  Hoe moet jou man of vrou voel as jy op sulke applications of sites is. 

Wat beteken die huwelik dan?

Wat beteken die huwelik dan?

Dit gaan my verstand heeltemal te bowe dat mense nie besef dat facebook jou heeltemal in die openbaar plaas nie. 

Nog iets van facebook waarvan ek hou, is die status updates.  Daar waar jy so bietjie van jouself verklap, die updates sê nogal baie dinge.  Dit laat my mense in ‘n ander perspektief sien.  Dit is ook ‘n lekker gesels onderwerp.  Kyk wat die persoon se update is vir die dag en lewer kommentaar, dit raak nogal baie interessant.

Ek hou baie van die foto’s afdeling, waar almal hul foto’s plaas.  Die mense besef nie altyd dat hierdie foto’s deur alles en almal gesien kan word nie en daar het nogal baie funny foto’s uitgekom of vernederende foto’s.  Waar mense in ‘n snaakse “pose” was en as jy nie verstaan waarom die foto geneem was nie, dan lyk dit nogal baie snaaks.  Jou vriende plaas ‘n “embaressing” foto, jy lewer ‘n comment en besef nie dat al jou vriende die foto kan sien nie.  ‘n Klein wêreld kan somtyds baie groot word en jou onwetend in ‘n “embaressing” posisie plaas.

Ek hou ook van die Games afdeling.  Daar is nogal lekker games op, die goeie games van die ou dae, pacman, hangman en space invaders.  Dis ou Atari games, maar van die beste games wat ek nog gespeel het en sal altyd gewild bly. 

Facebook oor die algemeen is vir my lekker, dit hou jou in verbinding met jou vriende en familie en jy kan sien wat in hul lewens aangaan al besef hulle dit nie altyd nie.

Nou ja dis my bydrae vir die dag.  Geniet dit en lewer maar kommentaar oor hoe jy Facebook ervaar.

Advertisements

Responses

  1. Jy kan jou settings stel op facebook dat net jou friends jou pics kan sien. Jy het immer n keuse van wie jy op jou friends lysie add en jy kan darem mense block ook. Net n lekker manier om “in touch” te bly!! Ek hou van die “my kitten” aplication, klaar geheg aan my kat “sharkbite”

  2. Beertjie…

    Ek is op FB maar ek sukkel maar om die konsep te verstaan…. Tsk, seker my blond wat deurskemer 🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: