Posted by: beertjie | Maart 11, 2009

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder?

My mother

My mother

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder?

Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder?  Myne is leeg, dolleeg, vandag 11 Maart, 10 jaar gelede het my moeder hierdie aarde en my huis verlaat maar nooit my hart nie.  Mammie ek mis jou elke dag, maar vandag, sjoe is dit net erger.

Ek is net bly ek kon “bye” sê.  Dit maak nie die seer minder nie, maar dit troos darem. 

Mammie vandag kan ek nie eers ‘n blom op Mammie se graf sit nie, maar weet dat daar in my hart ‘n blom net vir Ma is.  Ek is bly ek kon vir Mammie blomme gee toe Mammie dit nog kon waardeer.

Daar moet mooi blomme in Jesus se tuin hou, want ek weet Mammie hou ‘n hand oor Sy tuin. 

Ek is bitter spyt dat Mammie nooit die geleentheid gehad het om my familie te ken nie.  My wonderlike man en 2 pragtige kinders.  Maar ek weet hulle dra Mammie se goedkeuring weg en dat Mammie ‘n ogie oor hulle hou.

Mammie ek mis jou verskriklik elke dag, maar weet dat Mammie in my hart is, elke dag.

Mammie ek is lief vir jou……

heart1

Advertisements

Responses

  1. (((((((((Beertjie))))))))))

    Ai Beertjie, ek is net baie bly dat jy sulke mooi memories het van jou Mammie!!

    Verseker loer sy vir julle van daar bo af!

  2. Beertjie, gelukkige moedersdag môre!

  3. Hi Zee, baie dankie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: