Posted by: beertjie | Oktober 8, 2008

Emigrasie (alweer)

Sjoe hierdie topic is ook al holrug gery.  Daar sal altyd twee kante wees van hierdie topic, die wat bly en die wat gly (of gegly het of besig is om te gly).  Daar was ‘n brief die afgelope week in die Beeld (Oktober 2008), geskryf deur ‘n ene Jacob van Auckland.  Hier is sy brief…..

Wens ek kon terugkom na land van melk en heuning
Oct 01 2008 05:23:22:680PM  – (SA)  

Indien jy of iemand in jou gesin al aan emigrasie gedink het en jy het ’n “redelike” leefstyl in Suid-Afrika met tieners wat gewild is, goeie maats het en sport beoefen, dan wil ek graag vir jou sê: Dink weer!   Ek en my gesin woon die laaste paar maande in Nieu-Seeland.  Laat ek jou vertel, emosioneel en geldelik gesproke is dit nag.  Alles verander en wat die ander “gelukkige” Suid-Afrikaners hier jou nie vertel nie, is dat alles anders is. Behalwe as jy ’n goeie kwalifikasie het en in aanvraag is, sal jy met moeite miskien min of meer doen wat jy in Suid-Afrika gedoen het. Dis nou afgesien van die feit dat jy self help toilette skoonmaak by die werk, ens. Jou gade, wat in die meeste gevalle in hul oë nie goed gekwalifiseer is nie, gaan baie lank soek na werk en as hy/sy sou werk kry, sal dit teen ’n minimum-loon wees met lang ure.  Die ander Suid-Afrikaners hier gee voor hoe gelukkig hulle is, maar glo vir my, diep daar binne-in is almal besig om te rou. Die vreemdste vir my was om te sien hoe “vreemd” raak die Suid-Afrikaanse kindertjies wat so ’n jaar lank al hier is. Onthou net, al gaan dit hoe sleg in Suid-Afrika, geen plek bied jou daai sonskyn, braaivleis met houtvure, biltong, die bosveld, see met branders ens. nie.  Verdra maar die ongerief tuis. Ek wens ek kon terugkeer na die land van melk en heuning, maar ek het nie meer geld nie.

  • Jacob, Auckland
  • Die brief het hewige reaksie uitgelok van mense binne en buite die landsgrense van Suid Afrika. 

    Daar was ‘n brief van Annette Strampe van Kanada wat reeds 7 jaar daar is en baie gelukkig is in Vancouver.

    Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief van Louise Smith van Perth, Australië

    Jacob, my “barbie”, het my nog nooit gekaap of geskiet nie en as ek nou die hardekool-houtjies moet opoffer dan is dit maar ‘n klein prysie om te betaal. Ons sit die somersmaande op die strand tot 21:00 in totale veiligheid. Ons nuwe land is skoon, georden en veilig.   Geluk is iets wat jy self besluit jy wil hê. Is daar nie mense in Suid-Afrika wat vir jou ‘n fondsinsameling kan hou sodat jy kan teruggaan nie?

    Hier is ‘n uittrekse uit ‘n brief van Neels Gouws van Auckland, New Zealand

    Ek aanvaar daar sal altyd mense wees wat gegly het en alles wat Suid-Afrikaans is, verwerp en beswadder, net soos daar altyd mense sal wees wat gekies het om te bly en elkeen wat ‘n ander keuse uitgeoefen het, verwerp en beswadder. Gelukkig kan elkeen van ons kies of ons so wil wees, en of bloed dikker as water sal wees en ons eerder mekaar se hande sal vat. 

    Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief van Natashia Lucas van Auckland, New Zealand, haar opskrif van haar brief som alles mooi op.

    Los jou houding in SA as jy na NZ emigreer

    Hier wil niemand jou skiet omdat jy wit is, of ‘n mooi kar ry, of ‘n huis vol besittings het nie.  Die Suid-Afrikaanse gemeenskappe hier gee om vir mekaar en ‘n mens kan verseker soveel keer braai as wat jy wil!  Die probleem met Suid-Afrikaanse immigrante na hierdie land is dat hulle verwag om dieselfde status te beklee as in Suid-Afrika.  Hierdie land se mense heg glad nie soveel waarde aan status nie. Of jy ryk of arm is, jy word dieselfde behandel as al die ander..  Die probleem is dat baie Suid-Afrikaners snobs is, wat wil hê mense moet spring as hulle sê spring – net soos wat dit was in hulle tuisland. En dit gaan verseker nie hier gebeur nie!  In Nieu-Seeland kry almal ‘n gelyke kans, daar is geen regstellende aksie nie. As jy hierheen kom om te werk om iewers te kom, maak die deure vir jou verbasend vinnig oop.  Die Kiwi’s is baie verwelkomend teenoor die Suid-Afrikaners en hulle sien ons as hardwerkende mense met goeie waardes. Ek weet nie van ander nie, maar dis verseker al waarvoor ek vra en wat ek nodig het om ‘n sukses te maak!   Dit is ook waar dat ons almal as immigrante rou. Dis ‘n verskriklike trauma om te emigreer, want jy los alles agter wat al ooit vir jou bekend was.  Maar rou is nie ‘n negatiewe proses nie, dit is ‘n groeiproses. Die feit dat ek treur oor my land en dit wat ek verloor het neem niks weg van dit wat ek gewen het in my nuwe land nie!

    Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief van Monré Meyer, Lyttelton, Gauteng

    Ek maak enige tyd ‘n toilet skoon as ek rustigheid in my gemoed het dat my geliefdes nie in gevaar verkeer nie.  Ek braai enige dag in mistroostige weer, solank ek nie meer hoef te vrees dat ons oorrompel gaan word in ons eie erf as ons in die son braai nie.

    Groete uit ‘n gebroke Suid Afrika.

    Maar hierdie volgende brief sê eintlik alles

    Fanna Herbst, Bloomingdale, Illinois

    Kom ons sit nou die emigrasie-stories in die bed.

    Ons voorouers het nie van die Engelse gehou nie en toe oor die Drakensberge getrek om vry te wees. Later was daar selfs ‘n groot trek na Angola en Argentinië.

    Ek hou nie van die nuwe regering nie daarom het ek my goed gevat en getrek.

  • Wat het dit met julle uit te waai as ek besluit my gesin sal veiliger wees in ‘n ander land?  
  • Wat is jou probleem as ek genoeg moed het om ‘n beter toekoms vir my kinders te verseker?  
  • Hoekom wil jy nie my kinders ‘n beter werk gun met goeie inkomste nie?  
  • Hoekom moet my kinders bang wees om in die aand iewers heen te gaan?  
  • Hoekom moet my huis lyk soos ‘n tronk van buite met sy diefwering en alarmstelsels?  
  • Hoekom moet ek onderworpe wees aan die vernedering van “regstellende aksies”?  
  • Hoe lank wil julle hê moet die lys wees? Ons is nou nege jaar in die VSA. Baie gelukkig en goed gevestig. Kom kyk gerus hoe word die wet toegepas hier by ons. Ek nooi jou uit om te kom kyk hoe skoon is Chicago en die voorstede. Nee wat, die van julle wat ons afkraak omdat ons die land verlaat het, is kortsigtig en papgeslaan deur die veranderinge in die land.
  • Soos ek sê hierdie onderwerp sal altyd ‘n hewige debat uitlok, maar dis hoe jy emigrasie aanpak en hanteer, vir watter redes jy kies / gaan kies / of gekies het wat jou toekoms in jou nuwe land vir jou gaan voorspel.  As jou “mindset” nie reg is nie gaan dit tough wees, jy moet besluit wat jou rede is hoekom jy die stap neem, want niemand, maar niemand behalwe jy gaan verantwoordelik wees vir daardie besluit nie. 

    Sorg dat jy jou huiswerk doen voordat jy die land verlaat, wat hierdie ene Jacob beslis nie gedoen het nie.  Hy sou kon sien watter salaris hy sou verdien, hoeveel huur hy moet betaal vir plekkie, wat die lewenskostes gaan wees.  Alles en nog meer is vrylik op die internet beskikbaar.  Daar is ondersteunigsgroepe waaraan jy kan “subscribe” wat bestaan uit lede wat reeds daardie stap geneem het of nog gaan neem.  Daar kan jy vrae vra, enige vraag en iemand uit die groep gaan jou antwoord.  Daar was al vrae soos “wat kos ‘n brood, wat kos ‘n liter melk” want dit was belangrik vir iemand om te weet, want jy moet budget vir wanneer jy emigreer want onthou jou Suid Afrikaanse geld is niks werd hier in die buiteland nie.

    Wel om af te sluit, ons het ons besluit geneem en is baie gelukkig daarmee.  My kinders kan in die strate speel, fietsry, by die bure gaan kuier en ek hoef nie elke minuut te gaan opcheck waar hulle is nie.  Jy kan lekker braai en nie worry dat iemand oor die muur gaan spring en jou aanval nie.  Jy hoef nie elke 5 minute te gaan kyk of die deure geluit is en die alarm gestel is nie.  Baie min huise het alarmstelsels, daar is nie diefwering nie, selfs die besighede het dit nie.

    Aai die sorgvrye lewe wat ons beskore is, dit is jammer ons kan nie ons familie op ‘n vliegtuig laat klim en sê kom geniet dit saam met ons nie. 

    Weereens, hierdie is my opinie en wat vir my en my gesin werk mag dalk nie vir jou en jou gesin werk nie.

    Posted by: beertjie | September 24, 2008

    Sneeu

    Vir die eerste keer in my lewe aan sneeu gevat, wat ‘n belewenis.  Dit het amper gevoel soos Heidi in die berge.  Dis onbeskryflik mooi.  Ek weet nie wie het dit die meeste geniet nie, ek of my meisiekind.  Dit was ook haar eerste keer in die sneeu.  Geraldine wou net weet of mens die sneeu kon eet en sy het toe vir haar ‘n sneeu roomys gemaak en dit geeët.

    Geraldine se sneeu roomys

    Geraldine se sneeu roomys

    Ons het sommer ‘n lekker lang naweek gevat om sneeu te gaan kyk.  Die sneeu is by Mount Ruaapehu (sowat 380km van ons af).

    Jacques het Vrydag en Maandag verlof gevat want ons wou ook sommer by al ons vriende ook gaan kuier.  Ons het Vrydag deurgery tot in Hamilton (126km tot daar), bietjie by Ivan en Christa gekuier. Later het ons deurgery tot in Cambridge (sowat 20km vanaf Hamilton) en lekker gebraai by ons vriende Rejaun en Grant.  Ons het daar oorgeslaap en die volgende oggend deurgery tot in Taupo. (sowat 280km vanaf Auckland waar ons bly.)    

     

    Huka Falls (Taupo)

    Huka Falls (Taupo)

    Ons het daar by vriende, Jacques en Valerie oorgeslaap Saterdag en Sondagaand.  Jacques was saam met my man Jacques op skool en hulle is nou so 5 maande hier in New Zealand.  Ons het Saterdag eers bietjie in Taupo rondgery en gaan kyk na die waterval.  Huka Falls, baie mooi en die water se kleur is besonders.

    Sondag het ons deurgery Whakapapa (uitgespreek Fakapapa) aan die onderpunt van Mount Ruapehu (sowat 100km suid van Taupo in die Tangoriro National Park).  Ons is sowat twee derdes teen die berg op en daar by die kafee eers middagete geniet.  Geraldine het in die sneeu gaan speel terwyl haar sussie sommer in die restaurant onder die tafel aan die slaap geraak het. 
    Die dag by die sneeu spandeer en later weer teruggery tot in Taupo.  

    Maandagoggend het ons net buite Taupo gaan kyk na die Craters of the Moon, ‘n geothermal park waar die stoom by die aarde uit trek. 

    Craters of the moon

    Craters of the moon

    Koffie in 'n blikkie

    Koffie in 'n blikkie

    Ons het ook hier koffie in ‘n blikkie gekoop.  Eerste keer wat ek dit sien.  Die koffie is nog baie warm en baie lekker.

    Daarna het ons weer teruggery tot in Hamilton, die middag weer by Ivan en Christa gekuier en later die pad gevat terug Auckland toe.  Ons was baie moeg maar dit was alles die moeite werd.

    Geraldine, Adelai en Jacques

    Geraldine, Adelai en Jacques

    Mamma en Geraldine

    Mamma en Geraldine

    Mamma en Geraline speel te lekker

    Mamma en Geraldine speel te lekker

    Adelai slaap op die vloer in die restaurant

    Adelai slaap op die vloer in die restaurant

    Adelai en Geraldine - Mount Ruhapehu

    Adelai en Geraldine - Mount Ruapehu

    Mount Ruhapehu

    Mount Ruapehu

    Posted by: beertjie | Augustus 23, 2008

    International day

    Geraldine het die 21ste Augustus 2008 “international day: gehad by haar skool.  Dit was alles gereël in die “spirit” van die olimpiese spele.  Al die leerlinge in die skool moes hul oorspronklike land verteenwoordig.  Omdat Owairowa Primary ‘n internasionale skool is het hulle baie leerlinge van ander lande. 

    Die kinders het ook “banners” gehad soos met die olimpiese spele.  Daarop was die land wat hulle verteenwoordig en dan het een van die kinders ook hul landsvlag gedra.

    Hier is so paar foto’s.

    Geraldine with the SA Flag

    Geraldine with the SA Flag

    Nadat al die kinders ‘n paar keer om die skool gestap het, het almal bymekaar gekom en die New Zealandse Volkslied gesing.  Die kinders moes ook elkeen ‘n bord eetgoed skool toe vat met ‘n tradisionele dis van hul eie land.  Natuurlik het Geraldine lekker koeksisters gevat en almal was mal daaroor.

     

     

    South Africa

    South Africa

    England
    England
    More countries

    More countries

    More South African's

    More South African's

    Posted by: beertjie | Julie 22, 2008

    Eerste Kiwi Troue

    Ons het onlangs ons eerste Kiwi troue bygewoon.  My dogtertjie Geraldine het vriende gemaak met een van ons bure se seuns, Keighan.  Ons het die ouers, Anouska en Paul ontmoet en later meer as bure geword.  Anouska is van Maori afkoms en Paul is ‘n Kiwi met ‘n Walliese agtergrond. 

    Ons ken hulle nou ongeveer 9 maande.  Ons is toe uitgenooi na hul troue die 5de Julie 2008.  Hier in New Zealand praat die mense nie altyd van my man of vrou nie, maar verwys na hul “partner”.  Jy is nie altyd seker of die couple getroud is of nie. 

    Ons lees op die uitnodiging dat die huwelikseremonie die middag 13h30 is en die onthaal word eers 19h00 gehou.  Sjoe ons was bekommerd dat die seremonie en onthaal na mekaar gehou word, soos maar die tradisie in Suid Afrika is.  Wel gelukkig darem nie. 

    Die huwelikseremonie was gehou in ‘n Homestead, dit was die eerste huis wat gebou was in die Manurewa woonbuurt.  Dis ‘n masiewe groot huis wat omskep is in verskeie besighede.  Die hoofhuis het ‘n klein restaurant binne en dan natuurlik die plekkie waar die huwelik gehou was.  Daar is ook ‘n museum waar hout en klip uitgestal word. 

    Die huwelikseremonie is sommer ‘n vinnige affêre.  Net so vinnige boodskappie oor die huwelik, die bruid en bruidegom se “vows” vir mekaar en woeps, waps die twee is getroud.

    Paul & Anouska Evans

    Paul & Anouska Evans

     

    Daarna het ons die seremonie verlaat en huistoe gegaan.  Ons is toe weer later die aand na die onthaal, wat gehou was in die “PUB”.  The London Shed Pub.  Die musiek was Karaoke.  Baie lekker gewees, almal wat wou sing kon gaan sing en ek moet sê daar is ‘n paar van daardie mense wat maar mag sing.  Die bruidegom se broer het ‘n fantastiese stem en het weggetrek met Green Green Grass of Home.  Die bruid self sing nie te sleg nie.  Sy het ook later die aand so paar liedjies gesing.                             

    Die manne

    Die manne drink tequila

     

    Die manne het te lekker gekuier.  Jacques (my man) is die een heel regs.  Die bruidegom se twee broers is die ander twee in die foto.

     

     

    Die troukar

    Die troukar

    Die troukoek

    Die troukoek

    Anouska, Paul en hul seun Keighan

    Anouska, Paul en hul seun Keighan

    Die hele experience was nice,
    nie die gewone tradisionele
    troue waaraan ons Suid
    Afrikaners gewoond is nie.
    Die hele troue is informeel. 
    Die atmosfeer is nie styf nie. 
    Ons kan nie wag vir ons
    volgende Kiwi troue nie.
    Posted by: beertjie | Junie 29, 2008

    Geraldine se verjaardag

    Vandag het ons sommer op die ingewing van die oomblik besluit om vir Geraldine ‘n partytjie te hou vir haar 6de verjaardag.  Sy is mos nou amper ‘n groot meisie.  Sy verjaar eintlik more die 30ste Junie, maar dis ‘n Maandag so daarom hou ons vandag partytjie.

    EK het lekker skons en cup cakes gemaak en die res, wel Pak ‘n Save (local supermarket) is net om die draai. 

    Natuurlik is die verjaardag tema Dora the Explorer.  Die koek

    Die koek natuurlik ook Dora.

     

     

    My geskenke

     

     

     

    Geraldine was baie bly oor haar geskenke, natuurlik het Mamma en Pappa geweet wat sy wou hê.  Sy is mal oor Dora the Explorer en ons het vir haar ‘n magic Dora gekoop.  Tannie Sonet en Oom James het natuurlik ook Dora gekoop danksy Mamma se wenk.  Sy het ook baie nice speelgoed by Oom Ertjie en Tannie Annemarie gekry en ook by Oom Danie en Tannie Thea.  Sy is so in haar noppies met al haar geskenke. 

    Kan nie glo sy word al 6 nie, maar sy sal maar altyd ons ou dogtertjie bly.

    Posted by: beertjie | Junie 16, 2008

    Om jou geboorteland te verlaat

    New Zealand MapEk weet deur hierdie post te plaas gaan daar baie reaksies wees, beide negatief en positief.  Dit is iets wat my baie na aan die hart lê. 

    Om jou geboorteland te verlaat is en was nog nooit maklik nie.  Iemand wat nog nie deur hierdie proses is nie sal nooit weet waaroor dit gaan nie.  Dit was nog vir ons as familie die moeilikste besluit wat ons tot nog moes neem. 

    Voordat ek my hart hieroor uitpraat wil ek net sê ons is nooit spyt dat ons hierdie besluit geneem het nie.  Ek plaas hierdie post, nie omdat ek mense daaroor wil aanvat nie, maar omdat ons baie gekritiseer was en nog steeds gekritiseer word oor die besluit wat ons geneem het.

    Nou ja, hier is my storie.

    Ons het seker so 5 jaar gelede al begin dink om Suid Afrika te verlaat, hierdie was nie ‘n besluit wat sommer oornag gebeur het nie.  Ons het eerste daaraan gedink om Suid Afrika te verlaat vir Europa, ek het familie wat reeds daar was en het baie inligting van hulle gekry.  Ons het alle moontlikhede ondersoek, ons moes gaan waar my man ‘n werk sou kry.  Ons het uiteindelik besluit op Ierland, niks het ons op daardie stadium gedruk om die land te verlaat nie.  Ons het ‘n 5 jaar plan gehad en dit was om uit Suid Afrika te wees voordat daardie 5 jaar verby was.  Na vele ondersoeke en navrae het ons besluit, Ierland hier kom ons, ons was so te sê op die punt om dit met almal te deel toe word ons genooi vir ‘n braai by ‘n vriendin wat toe net teruggekom het na 2 jaar in New Zealand. 

    Daardie aand het ons vir hulle vertel dat ons oorweeg om Ierland toe te gaan en toe begin hulle te gesels oor hul tyd in New Zealand.  Die hele aand kon hulle nie uitgepraat raak oor die pragtige land, sy mense, kultuur en natuurskoon nie.  Ons het baie vrae gevra, uit nuuskierigheid omdat ons toe reeds ons besluit geneem het om SA te verlaat.  Later die aand toe sê Jacques vir hulle, julle praat net van al die “nice” dinge van NZ en wou weet was is die “bad” of negatiewe kant van NZ.  DIe “couple” antwoord basies gelyk, die weer en die verkeer.  Wel daar het ons besluit om bietjie navorsing te doen oor NZ, ons het nie eers voorheen daaraan gedink dat NZ dalk vir ons ‘n toekoms kan bied nie. 

    Wel toe het Jacques se werk begin.  Hy het aan forums behoort, navorsing gedoen, honderde boeke uitgeneem oor NZ.  Navorsing gedoen oor werksgeleenthede vir hom, die kultuur, die land, die verskillende stede.  Ek het baie vrae gevra en hy moes almal beantwoord.  Ek wou weet, is dit koud, hoe goed is die skole, is die verkeer werklik erg.  Is dit so mooi soos Rachel en Fanie beskryf het.  Hy het “maps” geprint van New Zealand, waar die Suid Eiland en Noord Eiland is (ek was nog nooit goed met Aardrykskunde nie).  Waar ons dalk kan gaan woon.  Ek het letterlik honderde vrae gevra en hy het baie geduldig alles beantwoord.  Wel na al die navorsing het ons besluit, New Zealand is die land vir ons. 

    Nogtans was ons nie haastig om die land te verlaat nie, nog nie regtig die finale besluit geneem nie, net dat New Zealand die land sal wees waarna ons sal gaan indien ons Suid Afrika wil verlaat.  Wel op 16 Desember 2006 het ons toe die finale besluit geneem. 

    Net so bietjie agtergrond oor waarom ons op daardie stadium uiteindelik die finale besluit geneem het.

    Ons was vir amper 4 jaar gesê dat ons nooit nog ‘n kind sal kan hê nie.  EK was by dokters, spesialiste en ginekeloê wat almal dieselfde nuus gehad het, sorry dis onmoontlik, die enigste uitweg was die inplanting.  Wel ons het toe die besluit aanvaar.  Ons was dankbaar dat ons een pragtige dogtertjie het en sal aanvaar dat dit die Here se Wil was om net een kind te hê.  Wel Oktober 2006 sê ek vir my man, ek wil nog net een ginekeloog probeer en dit sal die laaste keer wees wat ek sal probeer uitvind of ons ooit nog ‘n kind sal hê. 

    Toe ek daardie Woensdag by die ginekeloog instap en hom die hele geskiedenis vertel toe vra hy vir my “wat doen jy Vrydagoggend”.  Ek vra hoekom, hy sê “ek sien jou in die teater Vrydag sodat ons kan probeer om dit vir jou moontlik te maak om nog ‘n kind te hê”.  Hy het verduidelik dat die operasie lewensgevaarlik is en as dinge skeefloop is die kans groot dat ek my lewe in gevaar stel en/of nooit weer ‘n kind sal kan hê nie.  Ek wou bitter graag nog ‘n ou kindtjie hê en het geweet my man voel ook so.  Wel om ‘n lang storie kort te maak, Vrydag vir die operasie gegaan met die wete dat die kans op swangerskap in elk geval net 1% is.  Wel die operasie is gedoen en ek is pilletjies gegee om stiptelik te drink en te kyk wat gebeur. 

    Wel ons kry toe ‘n uitnodiging vir ‘n 21ste verjaardag (Desember) in Oos Londen en besluit om te gaan want dit is ons huweliksherding die 16de Desember en ons kry sommer gratis verblyf in ‘n vakansiehuis.  Die Maandag oppad terug Port Elizabeth toe, voel ek bietjie siek en swangerskap is die laaste waaraan ek dink, want ek het toe al klaar aanvaar dat die 1% sukses nie in my guns getel het nie.  By die huis aangekom besluit ek om gou ‘n draai by die dokter te gooi en iets te kry vir die verkoue en naarheid.  Die dokter doen al haar toetse en sê ek het bietjie verkoue en sy vra toe vir my terwyl sy gou ‘n voorskrif uitskryf vir die verkoue of ek allergies is vir iets en of ek enige medikasie gebruik.  Toe onthou ek van die pilletjies wat die ginekeloog gegee het om stiptelik te drink en toe tref dit my, wow ek mag dalk swanger wees.  Ek sê toe vir die dokter van die pilletjies en sy sê “kom ons doen gou ‘n urinetoets” voor ek vir jou die voorskrif gee.  Ek piepie toe vinnig in die ou botteltjie en toe voel daardie toetsie se uitslae soos ure.  Ek hou die dokter dop en sien die smile word al groter, toe weet ek.  Wel sy sê dis positief maar om seker te maak doen sy ‘n bloedtoets. 

    By die huis gekom en wou nog nie vir manlief inlig nie want ek wil hom nie vals hoop gee nie.  Dokter het belowe sy druk daardie bloeduitslae en sal my die volgende dag laat weet.  Dit was die langste dag in my lewe.  Die volgende dag kry ek die uitslae en ons is swanger.  Na meer as 4 jaar se toetse en toetse en toetse.  Die 1% was toe in my guns, die Liewe Heer het besluit die tyd is reg om vir ons nog ‘n babatjie te gee.  Daardie dag toe ek my man vertel toe sê hy, hier is ons teken dat die tyd reg is om die land te verlaat.  Ons het nog niemand vertel van ons besluit nie, eers nadat Jacques bedank het, het ons die nuus met die familie, vriende en kollegas gedeel. 

    Wel ons het positiewe en negatiewe reaksies gehad.  Dinge soos julle is verraaiers, hoekom wil julle die land verlaat, daar het mos niks met julle gebeur nie.  Hoekom moet daar eers iets met jou of jou gesin gebeur voordat jy die land verlaat.  Daar was verskeie redes hoekom ons SA verlaat het.  Twee van die grootstes was dat my man nie meer bevordering sou kry in die Lugmag nie a.g.v. regstellende aksie en tweedens was a.g.v. “crime”.  Hierna het alles so vinnig gebeur, paspoorte, geboortesertifikate, “police clearance”, noem maar op.  Ons het besluit ons moet vlieg voordat ek te ver in my swangerskap is en nie meer kan vlieg nie.  Ons het nog nie ‘n datum gehad nie, net geweet dit moet voor einde Mei 2007 wees.  Ons moes wag vir ons huis se geld voordat ons vliegkaartjies kan bespreek, want wie het nou R35 000 wat sommer rondlê.  Maart 2007 word ons geld uitbetaal en toe kon ons eers vliegkaartjies koop.  Uiteindelik het ons ‘n datum, die 1ste Mei sal ons vlieg. 

    Dokter het aanbeveel a.g.v. die swangerskap om nie die lang Dubai roete te vlieg nie, en die direkte vlug via Sydney is ook te lank.  Die enigste opsie is via Singapore na New Zealand.  Wel toe bespreek ons via Singapore en besluit sommer om 3 dae daar te spandeer om bietjie te sien hoe lyk die land en ook a.g.v. die swangerskap.  Sommer ‘n goeie verskoning om Singapore te kan besoek. Johannesburg Airport

    Nadat ons die vliegkaartjies bespreek het, het alles so vinnig gebeur.  Toe ons ons oê uitveë is dit die 1ste Mei 2007 en ons is op die lughawe oppad NZ toe.  Toe ons op daardie lughawe staan het ons nog getwyfel, doen ons die regte ding, hoe gaan ons kind aanpas (op daardie stadium 4jaar oud).  Ons gaan die dinge mis wat vir ons bekend is.  Nou gaan ons na ‘n nuwe land, was nog nooit daar nie, net foto’s gesien.  Nie geweet wat op ons wag nie.  Dis vir ons die onbekende.

    Auckland Airport

    Ons het alles opgepak en in ‘n container gegooi en al ons ander bates verkoop, huis en kar.  Ons het geweet daar sal nie ‘n kans wees om terug te kan gaan SA toe nie.  Laat ons nou eerlik wees, waar kry ‘n wit persoon nog in SA ‘n goeie werk.  Ons het geweet dit was nie vir ons ‘n opsie nie.  Ons moes dit net maak in New Zealand.  Indien dinge nie vir ons hier sou uitwerk nie, het ons nog Dubai as ‘n opsie gehad.  Ons het klaar kontakte daar gehad en werksgeleenthede.

     Almal dink om jou geboorteland te verlaat is maklik, verkoop jou goed, klim op ‘n vliegtuig en siedaar.  Laat ek uit ondervinding vertel, dis nie maklik nie, en almal wat hierdeur is sal dit beaam.  Die mense is maklik om te oordeel en beledigings uit te deel.  Mense het gesê ons is lafaards, inteendeel ons was “brave”.  Ons het ‘n kans gevat.  Ons het niks en niemand gehad in New Zealand nie, die familie wat agterbly het nog vir mekaar.  Hulle kan in hul kar klim en vir mekaar gaan kuier.  Dit is nie vir ons beskore nie.  Ons het dit geweet maar dit maak dit nie maklik nie.  As jy sê jy verlang SA toe, word daar gesê, dis julle eie skuld, julle het die keuse gemaak.  Ons weet dit, maar hoekom as jy uit PE trek na ‘n ander dorp word dit nie vir daardie persone gesê nie.  Hulle is dan ook mos lafaards, want hulle het hul geboortestad  verlaat.  Dis net die afstand wat verskil. 

    Dit is nie maklik om weer van voor af te begin nie.  Jy moet weer kar koop, huis koop.  Alles weer begin opbou.  Die meeste sê dit neem gewoonlik 2 jaar voordat jy begin tuis voel.  Vir ons was dit anders.  Dit het van dag een af gevoel of New Zealand vir ons bedoel is.  Ons is so tuis hier. Geraldine

    Geraldine is op haar gelukkigste.  Sy kan buite speel, fietsry en met haar skateboard ry sonder om bang en bedreig te voel.  Die mense is vriendelik.  Jy weet wie jou bure is.  Daar is nie veiligheidshekke en “burglar bars” op die vensters nie.  Die meeste mense hier weet nie eers waar hul huis sleutels is nie, want hulle sluit nie hul deure nie.  Ons sluit gewoonlik, maar vergeet ook baie ons deure oop.  Gaan doen partykeer shopping en vergeet om die kar se deure te sluit.  As ek sien hoe gelukkig my kind is, besef ek, ons het die regte besluit gemaak. 

    Daar was moeilike tye.  Jacques het 5 maande gevat om werk te kry, nie omdat die mense hom nie wil hê nie, maar omdat hy nie ‘n werkpermit gehad het nie. 

    Adelai, our little Kiwi

    Ek was 6 maande swanger toe ons hier in New Zealand aankom.  Daar was ‘n baba oppad en daar is nog nie werk nie.  Gelukkig het ons hiervoor voorsiening gemaak en het genoeg geld gehad om te oorleef.  My suster is oorlede 4 dae voor my dogtertjie se geboorte.  Dit was ‘n moeilike tyd, maar gelukkig het ek ‘n wonderlike man wat kon troos en wat geduldig is.  Deur al hierdie tye het ons huwelik en verhouding net nog sterker geword.  Ons ondersteun mekaar, ons is lief vir mekaar en vir ons kinders en dis al wat tel.

    Ons het soveel goeie vriende gemaak.  Nuwe vriende, want dit was moeilik om hulle agter te laat in SA.  Ons is ook gelukkig dat ons vriende van Port Elizabeth ook 3 maande na ons hier aangekom het. 

    Nadat ek met verskeie van die immigrante hier in NZ gepraat het oor hul ondervindings het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom. 

    My persoonlike opinie is dat persone wat immigrante (en ek praat nie net van ons nie maar alle immigrante) verkwalik en lafaards noem, is

    Persone wat nooit die opsie sal hê om die land te kan verlaat nie.  Hetsy dit is omdat hulle nie geld het nie, nie ‘n geleerdheid het of ‘n “skill / trade” het nie            

    Dis persone wat ook nie bereid is om die bekende agter te laat nie.                                                                  

    Dis persone wat bang is om daardie stap te neem,                                                                                            

    Dis persone wat in luuksheid leef en weet hulle sal baie van dit moet opoffer en van voor af moet begin.   

    Dis persone wat reeds hul huis klaar betaal het en nie weer van voor af wil begin nie.                                    

    Dis persone wat nie bereid is om hul familie agter te laat nie.                                                                      

    Dis persone wat bang is dat hulle dit nie gaan maak aan die ander kant nie. 

    Dit kos duisende en ek bedoel duisende rand om te immigreer en daar is baie persone wat dit net nie het nie.  Gee vir hulle die geld en opsie om die land te kan verlaat en hulle is op die eerste vliegtuig om Suid Afrika te verlaat.

    Ons is dankbaar dat ons die geleentheid en geld gehad het om Suid Afrika te verlaat.   Ons het nog nooit Suid Afrika gekritiseer nie, ons is dankbaar vir dit wat SA ons gebied het, maar het ‘n besluit geneem wat vir ons as gesin ‘n beter toekoms bied. 

    New Zealand het sy foute en ons is die eerstes wat dit sal erken, maar ons is gelukkig hier en geensins spyt oor ons besluit nie.  Ons het die besluit geneem omdat ons vir onsself en ons kinders ‘n beter toekoms wou gee. 

    Geraldine and AdelaiHierdie twee is ons rede hoekom ons besluit het om te “gly” en nie te bly nie.  Hulle is ons Alpha en Omega.  Hulle is die rede hoekom ons “lafaards” was.  Na al die moeilike tye is ons nog steeds nie spyt nie. 

     

     

     

     

    Viva Suid Afrika 

    Old SA Flag

     

    SA Flag  

    Viva New Zealand

     NZ Flag                                                                                                           

                                 

     

     

    Posted by: beertjie | Junie 3, 2008

    Steve Hofmeyr

    Steve HofmeyrDit voel of so stukkie uit my lewe verdwyn het.  Dit is nou omdat Steve Hofmeyr sy blog http://stevehofmeyr.co.za/blog/ tydelik gestaak het.  Ek het dit geniet daar om daar te chat met al die bloggers en vriende gemaak op die blog. 

    Danksy Pagoda32 is daar nou ‘n nuwe plek waar ons kan chat totdat die blog weer op die been is http://diewerf.wordpress.com/

    Ek het ook in Maart ‘n Facebook groep gestig http://www.facebook.com/group.php?gid=9264258662 vir al Steve se bloggers om hul foto’s te deel en ook om te chat.  So gaan kyk bietjie en plaas bietjie vir ons foto’s van Steve daarop.  Daar is alreeds 88 foto’s wat geneem is saam met bloggers en ook “118 members” so gaan sit biejtie die gesigte by die blog name. 

    Steve Hofmeyr - DHDIHier is ‘n foto wat geplaas was deur Louis Visser op Facebook.  Baie oulik.

    Steve, Armand, Devon en Charissa

    Hier is Steve saam met sy kinders Armand, Devon en Charissa (Sonja Goosen het die foto op facebook geplaas)

     

     Hier is Steve saam met Benjamin en Sebastian.  (Foto deur Sonja Goosen op facebook geplaas)

     

     

     

     

     

     

    En natuurlik soos ons vir Steve ken.

     

    Gelukkig het ek nog kontak met ‘n paar bloggers en van hulle is hier New Zealand.

     

    Anyway, word gesond Steve en geniet die tyd en spandeer dit saam met jou familie en vriende.

    Posted by: beertjie | Junie 3, 2008

    Rustige naweek

    On the way to ClevedonOns het vir ‘n slag ‘n rustige naweek gehad.  Bietjie gebraai saam met vriende die naweek by ons huis.  Die Kiwi manier.  Gas BBQ.  Die lug is bietjie koel in die oggende en laataand, maar ons sorg dat ons ‘n braai inkry.  Sondag bietjie by die familie gekuier in Maraetai en toe lekker vis gebraai later die aand by ons.  Vars Snapper wat ons vriend James gevang het toe hy bietjie uit was op die see met sy boot.  Thanks James.

    Jacques was die naweek op standby so ons kan nie eintlik weggaan nie.  Het eintlike ‘n lekker rustige naweek gehad vir ‘n slag.

    On the way to Clevedon

    Hierdie klompie foto’s is geneem so 10 minute se ry van ons af.  Dit was oppad Clevedon toe.

    On the way to Clevedon

     

     

     

     

     

    Net so stukkie humor vir die dag.  Nuwe Nokia selfoon.Nokia selfoon

    Posted by: beertjie | Mei 30, 2008

    Racist Attack, when is it going to stop

    Het vandag hierdie oulike email ontvang.  Ons dink elke dag aan die geweld wat daar in SA plaasvind.  Ons vrees vir ons familie en vriende.  Hierdie was so oulik dat ek nie kon help om die humor daarin te sien nie.

    Nog ‘n rassistiese aanval. Wanneer gaan rassisme ophou?

    Ek het hierdie baie geniet, veral omdat ek mal is oor katte.

    Posted by: beertjie | Mei 30, 2008

    Waiuku Beach

    Sunset on Waiuku BeachHier is naweke so baie om te doen, dit kos jou basies niks.  Dis jou petrol heen en weer en natuurlik ‘n lekker piekniekmandjie.  Hier in NZ is ons baie dankbaar dat ons sulke dinge kan doen.  Hier is so baie Suid Afrikaners by parke en openbare tuine.  Dit is dinge wat ons nie in Suid Afrika kon doen nie.  ‘n Maand voordat ons SA verlaat het, het ons ‘n huis gehuur oorkant ‘n park.  Dit was verkriklik om elke dag daarin vas te kyk en om vir my dogterjie te verduidelik dat sy nie soontoe kan gaan nie.  Ons het haar 2 keer soontoe gevat en elke keer was daar gebreekte bottelstukke op die slide.  Orals waar jy loop is net gebreekte glas. 

    Dit was vir ons wonderlik om hier vir die eerste keer na ‘n park toe te kon gaan.  Dis so veilig, so skoon.  Daar is geen vullisdromme hier in die openbare parke nie.  Jy moet al jou vullis huis toe neem en dit daar weggooi.  Almal is verantwoordelik en gooi dit nie in die park nie.  Hier kan ons kinders speel soos toe ek ‘n kind was.  Geraldine op Waiuku Beach

    Hier is ‘n paar foto’s geneem by Waiuku Beach.  Hier is die sand swart.  Ons gaan gereeld soontoe en vat ons quad bikes saam, slaan die Gazebo op en geniet die hele dag daar.  Gelukkig kan jy hier op die strand ry met jou 4×4 en enige iets met wiele.  Dit lyk letterlik soos spitsverkeer naweke op die strand.Waterval by Waiuku Beach

     

    « Newer Posts - Older Posts »

    Kategorieë