Posted by: beertjie | Mei 23, 2008

Check my hare

Check my hare, die foto is gisteraand 22 Mei geneem net nadat mamma en die girls uit die bad geklim het.

Posted by: beertjie | Mei 22, 2008

Birthday

Vandag my tweede verjaardag hier in New Zealand gevier.  Met verlede jaar se birthday was ons vars in die land.  Ons was maar 17 dae in NZ toe was dit my verjaardag.

Geraldine is so bly dit was my verjaardag want dan weet sy dis nie meer so lank nie dan is dit haar verjaardag.  Sy beplan sommer self haar “party” en die tema verander elke dag.  Nog nie eers ‘n tiener nie en beplan al self partytjies. 

Dis met ‘n seer hart dat ons die koerante lees en sien wat daar in SA gebeur (xenophobia).  Ons kan net bid vir ons familie en vriende daar.

SA Vlag

Dit is wanneer ons sulke dinge lees dat ons so verlang na die ou Suid Afrika. 

NZ is vir ons soos Suid Afrika 25 jaar gelede.  Ons kinders speel buite soos toe ek ‘n kind was.  Vry en geen bekommernisse nie.  Dis mos hoe die lewe moet wees.  Niemand sê NZ is “crime free” nie, maar hier hoef jy nie om elke hoek en draai te loer nie.  Jy kan gerus in die straat loop en op jou selfoon praat, sonder om bang te wees dat iemand dit gaan gryp.  Jy kan nog geld by die ATM trek sonder om oor jou skouer te loer.  Vir ons is NZ die land van melk en heuning. 

Ons is nie anti Suid Afrika nie, maar is dankbaar dat ons die voorreg gehad het om die land te kon verlaat en vir ons en ons ‘n kinders’n beter toekoms kan gee.  Ons mis nog die land, die mense, die bekende dinge, maar NZ bied ons ‘n toekoms.  Ons is dankbaar dat hierdie land ons ingeneem het.  Maar diep binne jou dink jy nog “Ons vir jou Suid Afrika”. (die ou een)

Ons sê dankie Liewe Jesus dat U, U hand oor ons en ons mense daar in Suid Afrika hou.

Posted by: beertjie | Mei 21, 2008

Lag ‘n slag

Vandag het iemand vir my hierdie oulike email gestuur.  Weet nie wie die oorspronklike skrywer is nie, maar ek het lekker gelag en wil dit met julle deel.  Die lewe is so ernstig en somtyds moet ons net ons afsluit en bietjie lag.  Geniet dit.

Om te poep is nie ‘n sonde nie. . .


O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek
kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oe omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oe traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak


My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “free wheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die ” cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk , sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.

 

Posted by: beertjie | Mei 20, 2008

1 Year Anniversary (New Zealand)

Ons het die 5de Mei ‘n groot mylpaal behaal.  Ons het ons eerste jaar hier in New Zealand gevier.  Die mense vra ons gereeld of dit die moeite werd was om alles te los, ons familie, vriende, werk en dan na ‘n vreemde land te gaan.  Daar is vele debatte oor hierdie onderwerp, maar elkeen kan net vir homself antwoord.  Vir my en my gesin was dit beslis die moeite werd.  Ja, ons mis die vriende, die familie, ons honde maar die tegnologie laat jou toe om met jou familie en vriende in verbinding te bly.

New Zealand het sy probleme, ons het nie met klappe op die oë hiernatoe gekom nie.  Ons het geweet die land het ook sy negatiewe deel, maar vir ons is dit hemel op aarde.  Ons het baie navorsing gedoen, of liewer Jacques het baie navorsing gedoen, ek het net die vrae gevra en hy moes vir my antwoorde kry.    Ek het baie getwyfel toe ons begin dink het om Suid Afrika te verlaat.  Ons het eers gedink om Ierland toe te gaan.  Baie navorsing gedoen en amper al die besluit gemaak om daarheen te gaan, toe vriende van ons terugkeer van New Zealand.  Dankie Rachel en Fanie, julle het die besluit vir ons net soveel makliker gemaak.

Ons het by hulle gekuier en hulle kon nie uitgepraat raak oor die land nie, die hele aand gesels hulle oor al die positiewe dinge van hierdie pragtige land en toe vra ons vir hulle die vraag, gee vir ons die negatiewe kant van New Zealand, hulle moes eers dink.  Die antwoord was, die verkeer en die weer.

Wel dit is ons al gewoond, die weer is nie erg nie, ja dit reën meer as in Port Elizabeth in die winter, maar hier is so baie dinge om te doen, wanneer dit reën.  Die verkeer is meer, maar dit vloei.  Niemand druk jou van die pad af nie, almal kry ‘n geleentheid om te ry, jy hoor nie ‘n “hooter” nie, jy sien nie vingertekens nie.  Die mense is bedagsaam en opgevoed.  Dank die Vader hier is nie iets soos Taxi’s nie, ek praat van die taxi’s soos ons dit in SA ken. 

Die aanpassing hier was vir ons maklik.  Dit verskil van persoon tot persoon.  Ek was amper 6 maande swanger toe ons hier aangekom het.  Daar was bekommernisse.  Wat as Jacques nie werk kry nie, wat as Geraldine nie gelukkig is nie, ons kan net vir die Hemelse Vader dankie sê dat alles vir ons uitgewerk het.  Jacques het gesukkel om werk te kry, nie omdat daar nie werk is nie, maar omdat hy nie ‘n werkpermit gehad het nie. Air New Zealand Open Day

Maraetai

 

 

 

 

Die mense stel nie belang as jy nie ‘n werkpermit het nie.  Dit neem net soveel langer om ‘n werk te kry, maar hy is baie gelukkig waar hy nou werk.  Die wag en stres was alles die moeite werd.

Op die einde van die dag maak jy die besluit vir jou gesin en julle toekoms as ‘n familie, nie vir die vriende of familie nie.  Ek sê weer, immigrasie is nie vir almal nie, maar dit was vir ons.

Posted by: beertjie | Mei 8, 2008

New Zealand

Ons is nou net so bietjie meer as ‘n jaar in New Zealand.  Ons is baie gelukkig hier en dit is nou ons nuwe land.  Die Kiwi’s het ons aanvaar in hul pragtige land en ons is nou volbloed Kiwi’s.  Ons leer baie nuwe dinge by die Kiwi’s.  Hul kultuur is anders, maar maklik om te aanvaar en jy raak daaraan gewoon.  Hier is natuurlik verskeie rasse, naamlik die Maori’s en verskriklik baie Chinese. 

Sky Tower and North Harbour Bridge

Hierdie is ‘n foto van die Sky Tower geneem vanaf Rangitoto Island.

Sal later nog meer oor New Zealand vertel.

Posted by: beertjie | Mei 8, 2008

My eerste inskrywing

Dreig al hoe lank om my eie blog te begin, en nou ja hier is dit.  Hierdie is ‘n blog vir myself, gesin, vriende en familie.  Enige persoon is welkom om comments te gee, hou dit net skoon asb.

« Newer Posts

Kategorieë